Skryf in vir die Herald se Bruid van die Jaar-kompetisie
Ons nooi alle plaaslike paartjies uit om in te skryf.
Carletonville en Fochville Herald nooi alle bruide van ons omgewing wat in 2025 trou, of reeds in Januarie of Februarie die knoop deurgehak het, om aan ons Bruid van die Jaar-kompetisie deel te neem.
As jy dus reeds hierdie jaar getroud is, wil ons graag jou inskrywing ontvang.
Stuur jou mooiste troufoto met die nodige inligting (jul name en van, van watter dorp julle is en wanneer julle getroud is) na 061 529 0836 of na [email protected].
Al die inskrywings gaan deurlopend op ons webtuiste verskyn.
Gaan kyk gerus by https://www.citizen.co.za/carletonville-herald/bruid-van-die-jaar-2025/om dit te sien.
Bruide wat tussen Januarie tot Desember 2025 getroud is, kan vir die kompetisie inskryf.



