Local newsNews

Scorpions Rugbyklub nooi ondersteuners na groot kragmeting teen Germiston Simmers in Fochville

Kom lees hoe hierdie klub, wat deur vroue gedryf word, plaaslike rugby vier en groei bevorder.

Fochville, Suid-Afrika – Mei 2025
Die Scorpions Rugbyklub nooi plaaslike rugbyliefhebbers uit om hierdie Saterdag hul span op hul tuisveld in Fochville te kom ondersteun wanneer hulle teen die Germiston Simmers uitdraf. Die wedstryd sal op die bekende Gert van Rensburg-stadion plaasvind.

Volgens Joe Bosch, klubbestuurder van die Scorpions, sien hulle uit daarna om weer voor hul tuisskare te speel en die gemeenskap trots te maak. “Dit is vir ons so lekker om ons dorp te verteenwoordig en voor ons ondersteuners uit te hardloop,” sy.

Scorpions leer en groei na nederlaag teen Wasps

Die Scorpions het die afgelope naweek teen die sterk Wasps-span in Edenvale te staan gekom. Slegs die o.21-span en die eerstes het aan die wedstryde deelgeneem, aangesien ander spanne moes onttrek weens siektes en beserings.

Die eerstes het aanvanklik goeie spel gelewer, maar moes uiteindelik ‘n nederlaag van 3–73 verduur. Die o.21′s het ook vasgeval met ’n telling van 5–52, ondanks ‘n gelykop telling in die eerste 20 minute van die wedstryd.

Bosch meen egter dat hierdie wedstryde deel is van ‘n groter leerproses. “Die Wasps is ‘n baie sterk span. Ons sien die wedstryde as ‘n geleentheid om te groei en glo dat ons in die tweede rondte sterker sal terugkom.”

Vrouekrag dryf Scorpions se sukses

In ‘n inspirerende wending bestaan die Scorpions se bestuur vanjaar uitsluitlik uit vroue. Joe Bosch, ’n bekende naam in plaaslike rugbykringe, lei die klub met jare se ondervinding. Sy het voorheen die Titans vir nege jaar suksesvol bestuur en was ook voorsitter van die Carletonville Sport Forum.

Sport is my passie. Ek glo dit is ‘n belangrike deel van ons gemeenskap en hou ons jeug besig,” Bosch.

Die klub bevorder ook gesonde leefstylwaardes met slagspreuke soos Sports Against Drugs – ’n boodskap wat hulle letterlik op hul moue wil dra. Die res van die dinamiese bestuurspan sluit in:

  • Ulanda SwartSekretaresse

  • Zelda RoetsFinansiële Bestuur

  • Karen RautenbachSosiale Media en Fotografie

Kom ondersteun plaaslike rugby

Die Scorpions glo aan die spreekwoord Local is lekker en doen ‘n beroep op die gemeenskap om Saterdag in groot getalle op te daag en hul plaaslike helde te ondersteun.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button