Spesiale pretloop in Fochville Saterdag om kinders in nood te help
Help kinders in nood deur die Stapsaamfonds van Solidariteit Helpende Hand te ondersteun.
Inwoners van Fochville en omliggende areas kry op 31 Mei die kans om bietjie hul bene te rek terwyl hulle ’n goeie saak ondersteun. WeRun Fochville en Solidariteit Helpende Hand Fochville bied ’n spesiale pretloop aan by die Gert van Rensburg-stadion.
“Kom stap vir al ons kinders,” sê Mariette Hartley van Solidariteit Helpende Hand. “Ons vier kinders se beskerming in ons gemeenskap, en die inskrywingsfooie gaan na ons StapSaamfonds vir kinders in nood.”
Deelnemers kan kies tussen ’n 2.5 km, 5 km of 10 km stap of draf. Registrasie begin reeds om 07:00, en die pretloop skop af om 08:00.
Belangrike inligting:
-
Onthou om jou wit hemp aan te trek.
-
Inskrywingsfooie: R30 vir volwassenes | R10 vir kinders
-
Betaling: Kontant of kaart | Bankbesonderhede op aanvraag
-
Kos en drinkgoed sal ná die tyd beskikbaar wees.
Vir navrae of om in te skryf, kontak Charlotte van Niekerk by 084 298 1071.



