Local newsNews

Carletonville-hengelaar blink uit by wêreldkampioenskap in Guatemala

Al die visse is weer vrygelaat.

Carletonville, Suid-Afrika – ‘n Lid van die Dorado Skibootklub, Mariette Hendriksz, het onlangs geskiedenis gemaak toe sy as kaptein van Suid-Afrika se eerste vrouehengelspan aan die ILTTA (International Light Tackle Tournament Association) Wêreldkampioenskap in San José, Guatemala deelgeneem het.

Die kampioenskap het van 12 tot 19 Mei 2024 plaasgevind, met spanne van oor die wêreld wat aan hierdie gesogte ligte-takel visvangkompetisie deelgeneem het. Hendriksz is bygestaan deur Candice Coetzer van die Oostelike Provinsie en Michelle Richards van KwaZulu-Natal.

Die Suid-Afrikaanse vrouespan het uitstekend gevaar en derde geëindig onder die vrouespanne nadat hulle tien seilvisse suksesvol gehengel en weer vrygelaat het. Al die visse is gevang met 10kg-lyn, wat ekstra vaardigheid en presisie verg.

Volgens die ILTTA se streng bewaringsreëls moes alle deelnemers met sirkelhoeke hengel — ‘n spesiale soort hoek wat maklik loskom uit die vis se bek en minder skade aanrig. Hierdie metode verg ‘n meer gevorderde tegniek as gewone visvang.

Verder is spanlede daagliks op verskillende bote uitgeneem, wat beteken het dat hulle nie saam op een boot kon werk nie – ‘n unieke uitdaging wat aanpassingsvermoë en individuele vaardigheid vereis het.

Benewens die Suid-Afrikaanse vroue- en manspanne, het spanne van Guatemala, Florida en Texas (VSA), die Dominikaanse Republiek en Costa Rica deelgeneem. Die gasheerland, Guatemala, het die eerste vyf plekke op die ranglys ingeneem.

“Dit was ‘n besondere ervaring. Die mense in Guatemala was baie vriendelik en het uit hul pad gegaan om ons tuis te laat voel,” sê Hendriksz. “Dit was net verskriklik warm – omtrent 39°C elke dag – so dit was nogal ‘n aanpassing om terug te kom na ons winter!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button