Local newsNews

Inwoner van Fochville-omgewing sterf tragies in veldbrand naby Greenspark

Dit is steeds nie skere hoe die brand ontstaan het nie.

‘n Inwoner van die Fochville-omgewing, Pieter Slabbert (58), is gistermiddag (20 Junie) tragies oorlede nadat hy in ‘n veldbrand tussen Greenspark en die Crocodilian vasgevang is.

Volgens verskeie inwoners van die omgewing was Pieter een van ‘n groep mense wat probeer help het om ‘n veldbrand tussen die Crocodilian en Greenspark te beveg. Hy was ‘n werknemer van die Crocodilian gewees.

Ongelukkig is hy omtreeks 17:00 deur die vlamme oorval tydens die poging om die vuur onder beheer te bring.

Die vuur het reeds vroeg die middag naby Greenspark begin.

“Wat presies gebeur het, weet ek nie, maar daar was ‘n baie groot brand gewees. Dit is so tragies,” sê ‘n vriend van die familie, Hein Marais.

Die bestuurder van nooddienste in die Wes-Rand, Nico Kahts, het bevestig dat die polisie reeds met ‘n ondersoek na die voorval besig is.

Veldbrande is ‘n algemene probleem in die gebied, en stel plaaslike plase en gemeenskappe in gevaar. Massiewe skade is tydens verlede jaar se veldbrandseisoen in die Fochville-omgewing aangerig.

Ons innige meegevoel met die Slabbert-familie asook Pieter se vriende en kenisse in hierdie hartseer tyd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button