Local newsNews

Omstandighede rondom Fochville-inwoner se dood steeds onseker

Geen begrafnisreëlings is teen Maandag aangekondig nie.

Die dood van Pieter Slabbert (58), ’n bekende inwoner en loodgieter van Fochville, het die gemeenskap geruk nadat hy Vrydagmiddag tragies in ’n veldbrand naby die Crocodilian Hotel en Restaurant dood is. Sy familie sê hulle is steeds onseker oor presies wat gebeur het.

“Ons weet regtig niks van wat gebeur het nie,” sê sy ouer broer, Gideon Slabbert. “Dis ’n groot skok. Pieter was altyd nederig en stil – iemand wat min gepraat het. Ons gaan hom vreeslik mis.”

Slabbert was ’n algemene nutsman by die Crocodilian en het omstreeks 16:00 gesterf toe die hewige veldbrand, wat kort na 14:00 naby Greenspark ontstaan het, deur sterk wind tot in sy werksgebied versprei het. Die vuur het oor sowat vyf kilometer beweeg en verskeie plase bedreig.

Gideon en sy vrou, Ralie, was self aan die anderkant van ’n spruit besig om hul plaas teen die brand te beskerm en het nie geweet Pieter was in gevaar nie. Volgens Gideon is sy broer se liggaam eers gevind nadat die brand onder beheer gebring is.

“Ons het gehoor sy klere en arm het gebrand. Willie Britz, vir wie hy gewerk het, het ons laat weet dat hy moontlik aan ’n hartaanval dood is,” sê hy.

Pieter Slabbert het sy hele lewe lank in die Fochville-omgewing gewoon. Hy laat sy seun Pieter Jnr. agter, wat uit Amerika teruggevlieg het waar hy boer, asook sy lewensmaat Lorraine, twee broers en twee susters. Twee ander broers is vroeër in motorongelukke oorlede.

Teen Maandag was daar nog geen begrafnisreëlings aangekondig nie.

Pieter se ouer broer, Gideon, is steeds onseker oor wat tydens Vrydag se brand gebeur het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button