Local newsNews

Fochville se Phoenix 1 blink uit in Potchefstroom-netballiga

Lees hoe hulle in die finaal gevaar het en kry besonderhede oor die komende netbal-pretdag op 26 Julie in Fochville.

Die Fochville Netbalklub se eerstespan, Phoenix 1, het uitstekende spel gelewer tydens die onlangse DR KK-netballiga wat op 21 Junie in Potchefstroom plaasgevind het. Hierdie gewilde liga het nege spanne van regoor die streek bymekaar gebring, en Phoenix 1 het bewys dat hulle tot die top behoort.

In die semi-finaal het Phoenix 1 ’n spannende wedstryd teen Masekane Snr gewen met ’n naelskraaptelling van 21–20, wat hulle reguit deurgevat het na die finaal van die liga. Daar het hulle hul staal teen die kragtige Panthers-span probeer wys, maar is uiteindelik met 14–26 geklop.

“Ek is ongelooflik trots op elke speler,” sê Petro Lizemore, organiseerder van die Fochville Netbalklub. “Hulle het puik sportmanskap gewys, op én van die baan. ’n Spesiale dankie aan hul afrigter, Alison Oosthuizen, wat hulle deurentyd ondersteun het.”

Die klub het ook opwindende nuus vir plaaslike sportliefhebbers: ’n netbal-pretdag vind plaas op 26 Julie 2025 by Laerskool Losberg in Fochville. Inskrywings is oop vir hoërskool-eerste spanne, vrouespanne en gemengde spanne.

Belangstellendes kan meer inligting of inskrywings kry deur Petro te kontak by 078 099 3878 of Alison by 072 655 7459.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button