Local newsNews
Laerskool Dagbreek se o11 en tweede rugbyspanne wen hul ligas
Dit volg op ‘n seisoen van harde werk en toewyding.
Twee van Laerskool Dagbreek se rugbyspanne het die afgelope seisoen besonder goed gevaar en as ligawenners geëindig.
Volgens die skool se woordvoerder, Colene Rudolph, het beide die o/11-span en die tweede span uitstekende spel gelewer wat hul harde werk beloon het.
“Ons is baie trots op die twee spanne. Hulle het hard gewerk en nou sien hulle die vrugte daarvan,” sê Rudolph.
Die skool het ook albei spanne se toewyding en spanwerk geprys, en hoop om volgende seisoen op hierdie sukses voort te bou.

Dagbreek
se o11
rugbyspan.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



