Gee ‘n tuiste aan ‘n troeteldier by die Carletonville DBV
Besoek hulle in Oberholzer of skakel 018 788 6262 om 'n troeteldier aan te neem.
Daar is tans talle pragtige honde en katte wat dringend liefdevolle huise soek by die Carletonville Dierebeskermingsvereniging (DBV). Dié diere sluit in volwasse honde van verskillende groottes, oulike katte, asook baba diertjies wat wag om aangeneem te word.
Die DBV moedig inwoners aan om eerder ‘n dier aan te neem as om een aan te skaf, en herinner troeteldier-eienaars dat hul verlore diere moontlik by die DBV opgevang kan wees. Indien jou viervoetige maat dus sou wegraak, is dit belangrik om die DBV dadelik te kontak.
Die DBV se kantore en aanneemhokke is geleë in Beersterstraat, Oberholzer (op pad na die koöperasie).
🕘 Ure:
-
Weeksdae: 09:00 – 16:00
-
Saterdae: 08:00 – 11:00
📞 Kontak: 018 788 6262
📱 Noodnommer: 064 752 6035
Maak vandag ‘n verskil – red ‘n lewe en kry ‘n nuwe beste vriend!



