Local newsNews

Scorpions se spanne toon groei ten spyte van verlies teen Wasps

Die eerste span het 'n sterk verbetering getoon, met hoopvolle verwagtinge vir die res van die seisoen.

Die Scorpions Rugbyklub het die afgelope naweek teen die sterk Wasps-span van Edenvale te staan gekom, met wedstryde wat op die velde van Hoërskool Wonderfontein plaasgevind het. Die wedstryde moes daar gespeel word aangesien die Gert van Rensburg-stadion in Fochville, die Scorpions se tuisveld, steeds nie deur die munisipaliteit herstel is nie. Die velde van Hoërskool Carletonville was ook nie beskikbaar nie vanweë instandhoudingswerk.

Die tweede span van die Scorpions het ongelukkig met ‘n telling van 0-67 verloor. “Hulle het hard gespeel maar die ander ouens was net beter as ons,” het klubbestuurder Joe Bosch gesê.

Die eerste span het met 0-28 die onderspit gedelf, maar Bosch was vol lof vir hul prestasie:

“Die Eerstes het baie goed gespeel en was teen halftyd net 0-7 agter. Albei hierdie tellings is baie beter as in die eerste rondte. Dit is ’n bewys dat ons manne groei en net sterker en beter word. Die ander spanne sal ons volgende jaar moet dophou.”

Die o.19- en o.21-spanne het nie hierdie keer aan wedstryde deelgeneem nie.

Die Scorpions sal op 19 Julie teen Germiston Simmers in Germiston uitdraf, en op 26 Julie neem hulle die Roodepoort-span aan op Hoërskool Wonderfontein se veld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button