Local newsNews

Scorpions sluit seisoen af teen kragtige Roodepoort teenstanders

Alhoewel hulle teen Roodepoort verloor het, is hul gees onaangetas.

Die Scorpions rugbyklub het op Saterdag, 26 Julie hul laaste ligawedstryde van die seisoen gespeel teen die sterk span van Roodepoort op Hoërskool Wonderfontein se sportvelde.

Volgens die klubbestuurder, Joe Bosch, het die eerste span met 16–83 verloor, terwyl die o.21-span met 12–43 en die o.19-span met 8–18 die knie moes buig. Alhoewel die uitslae teen hulle getel het, glo Bosch daar is baie om trots op te wees.

“Om 16 punte teen Roodepoort aan te teken was ongelooflik, want dit is min dat ‘n klein klub soos ons enige punte teen hulle kan aanteken,” sê sy.

Sy voeg by dat die klub besonder trots is op al hul spanne, veral aangesien dit hul eerste jaar in die liga was. “Ons begin weer in Augustus met voorseisoen-oefeninge om die spelers reg te kry vir volgende jaar. Daar sal ook ‘n jaarafsluitingsfunksie gehou word.”

Bosch bedank alle ondersteuners wat die klub hierdie seisoen bygestaan het en nooi enige nuwe spelers om aan te sluit. Belangstellendes kan hom kontak by 071 489 1053.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button