Local newsNews

Hoërskool Carletonville se rugbyspanne wen groot in Goue Leeus liga

Die skool vier 'n rugby triomf wat hoop bring vir sport in die dorp.

Rugbyliefhebbers by Hoërskool Carletonville het rede om uitbundig te wees nadat drie van die skool se spanne hul onderskeie ligas gewen het in Groep 4 van die Goue Leeus Liga.

Volgens die skool se woordvoerder, Sandra Venter, het die eerste span, tweede span en o.14-span almal as wenners uit die seisoen getree – ’n prestasie wat die skool se naam weer in rugbykringe laat weerklink.

Die eerste span het in hul finale wedstryd hul stempel afgedruk met ’n indrukwekkende 31–14 oorwinning teen Hoërskool Jan Viljoen, terwyl die o.14’s Reddam House met 22–17 geklop het. Die tweede span se oorwinning is nie in punte genoem nie, maar hulle is bevestig as ligawenners.

“Julle harde werk, deursettingsvermoë en spanwerk het vrugte afgewerp en ons is ongelooflik trots op julle almal,” het Venter gesê.

Callies 2despan
Die Tweedes het ook hul teenstanders in die stof laat byt.
Callies 14s
Die o14s het ook as wenners uit die stryd getree.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button