Local newsNews

Losberg gimnaste blink uit by SA Kampioenskappe in Pretoria

Twee het medaljes huistoe gebring.

Twee gimnaste van Losberg Gymnastics Club het medaljes gewen tydens dié sport se nasionale kampioenskap.

Sewe talentvolle jong gimnaste van Losberg Gymnastics het van 2 tot 9 Oktober aan die Suid-Afrikaanse Gimnastiek-kampioenskappe deelgeneem. Die byeenkoms is by die National Training Centre in Eldoraigne, Pretoria, gehou.

Dylan Botha (12), Derian Lamprecht (12), Kiano Rossouw (15), Caylee Menezes (11), Charmaine Joubert (12), Tlotlang Mokhahle (12) en Anila Nortjé (13) het hul vernuf by die SA’s gaan wys.

Klub-eienaar en hoofafrigter JJ Strydom sê dit het baie goed met die gimnaste gegaan.

“Derian was eerste op die high bar en was algeheel sewende in die land. Kiano het ‘n tweede plek op die vloer gekry en is algeheel negende in Suid-Afrika. Caylee was 13de uit 100 gimnaste in die land. Ons is ongelooflik trots op die gimnaste. Die kinders het baie hard geoefen en het ook nie eers ‘n skoolvakansie gehad nie omdat hulle aan die SA’s moes deelneem,” vertel Strydom.

Hy voeg by dat die gimnaste reeds weer aan die oefen is.

“Dit wys hoe baie wilskrag hulle het om te verbeter en goed te doen,” sê Strydom.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button