Local newsNews

Pragtige honde en katte soek liefdevolle huise by Carletonville DBV

Die Carletonville DBV doen ’n beroep op diereliefhebbers om pragtige honde, katte en baba diertjies ’n nuwe, liefdevolle tuiste te gee, en herinner ook die publiek om verlore troeteldiere by die organisasie aan te meld.

Daar is baie pragtige honde en katte wat by die Carletonville DBV (Dierebeskermingsvereniging) na nuwe huise soek.

Behalwe vir volwasse honde van alle groottes en pragtige katte, is daar ook baba diertjies wat aangeneem moet word.

Die DBV herinner ook troeteldier-eienaars dat, indien hul viervoet vriend dalk verlore raak, hulle die organisasie moet skakel aangesien baie verlore diere na die DBV gebring word.

Die DBV se kantore en hokke in Beersterstraat in Oberholzer (op pad na die koöperasie) is van 09:00 tot 16:00 op weeksdae en op Saterdae van 08:00 tot 11:00 oop.

Die Carletonville DBV kan by 018 788 6262 geskakel word. Hul noodnommer is 064 752 6035.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button