SportSport

Nege Fochies in finale Goue Leeu rugby proewe

Verskeie rugbyspelers van Hoërskool Fochville is vanjaar weer deel van die finale Leeus-proewe. “Die Blou Golf is baie trots op die feit dat agt van sy eerstespan spelers en een o.16 speler deel uitmaak van die Leeus se finale proewe waaruit die Craven- week en Akademieweek-spanne gekies gaan word,” het ‘n woordvoerder van die skool, …

Verskeie rugbyspelers van Hoërskool Fochville is vanjaar weer deel van die finale Leeus-proewe. “Die Blou Golf is baie trots op die feit dat agt van sy eerstespan spelers en een o.16 speler deel uitmaak van die Leeus se finale proewe waaruit die Craven- week en Akademieweek-spanne gekies gaan word,” het ‘n woordvoerder van die skool, mnr. Jurgens Bence (sr.), dié week aan die Herald gesê. Die spelers wat reeds sover deurge- dring het, is Shane van Loggenberg (slot), Wayne Ferreira (slot), Jurgens Bence (flank), Hennie Venter (flank) Janrich Meyer (agtsteman), Shane Hitge (agtsteman), Franco Claassen (skrumskakel) en Vendre Fourie (senter). Tiaan Daffue sal in aksie wees in die o.16 proewe as senter. Volgens die “Blou Golf”se eerste-span afrigter, mnr. Bobby McLeod, is dit die meeste plaaslike spelers wat nog die finale proewe gemaak het. McLeod is oortuig dat daar weer vanjaar van die spelers in die provinsiale strukture opgeneem gaan word. Spelers wat deurdring na die proewe sal op 24 Mei te staan kom in proefwedstryde teen die Blou Bulle en op 7 Junie teen die Luiperds, waarna die finale spanaankondigings op 9 Junie ge- maak sal word. Intussen het Hoërskool Fochville se rugbyspanne in die laaste twee wedstryde teen Queens en Carel de Wet gewys dat al hulle spanne vanjaar as ernstige mededingers gesien moet word om die uitspeel rondtes van die Leeus se Mediumskole-liga te haal. Op Saterdag 23 April het al Fochville se spanne die eerste ligawedstryd van die jaar teen Queens gewen. Die tellings was soos volg: o.14A wen 12 – 0, o.15A wen 36 – 7, o.16A wen 41 – 7, 2e wen 48 – 7 en die eerstes wen 47 – 0. Op Dinsdag 3 Mei het Fochies teen die Hoërskool Carel de Wet die Valke in hulle jaarlikse vriendskaplike wedstryd gewen Fochies was weer eens te sterk vir hulle opponente en wen die dag soos volg: wen 12 – 0, tweedes wen 46 – 17 en eer- stes wen 48 – 7.
: Fochies se eerstespan kaptein Jurgens Bence breek deur die verdediging.
Fochies se eerstespan kaptein Jurgens Bence breek deur die verdediging.
Twee van Fochies se sterre, Vendre Fourie en Janrich Meyer in aksie.
Twee van Fochies se sterre, Vendre Fourie en Janrich Meyer in aksie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button