Callies se eerste rugbyspan het verlede
naweek in bittere nat en koue weer
hul opponente in ‘n wedstryd wat nog
lank onthou sal word, verslaan.
Die Eerstes het hul teenstanders, Alberton
High, met ‘n telling van 28-0 ore
aangesit en sodoende ‘n bonuspunt
ook verdien.
Die span se kaptein, Fredrik Strydom
het met uitmuntende spel sy span
na dié oorwinning gelei en self twee
keer agter die doellyn gaan kuier.
Die haker van die span, Ludwig
Kietzman, het ook agter die doellyn
gaan kuier met ‘n kraglopie van die
voorspelers en die senter, Llwellyn Ellis
het, na ‘n aanslaan van hul opponente,
die bal opgetel en ook agter die witlyn
gaan kuier.
Die span se losskakel, Adriaan Ball
het ondanks die onaangename toestande
al vier die drieë verdoel.
Die span se afrigter, mnr. SP Botha,
sê dat hy nie meer trots op hulle kan
wees as wat hy tans is nie.
“Hulle het karakter gewys vanuit die
boonste rakke en as span saamgespeel.
Dit maak my trots om te sien dat al die
harde werk wat die seuns insit nie verlore
gaan nie,” het Botha na afloop van
die kragmeting gesê.
Gert Otto is as die Eerstespan-wedstryd
se Speler van die Wedstryd aangewys.
Callie se Eerstes lê na die afgelope
naweek tweede op die log en komende
Vrydag speel hulle
teen Roodepoort,
wat eerste lê, en
dit beloof om weer
baie goeie rugby
op te lewer.
Callies se Tweedes
het in ‘n taai
wedstryd gelykop
geëindig, maar die
o.14., o.15 en
o.16 spanne kon
nie daarin slaag
om hul opponente
te klop nie.
“Ons speel Vrydag
hokkie en netbal
asook rugby
teen Roodepoort
tuis, en ons sien
regtig uit na die
wedstryde,” het ‘n
woordvoerder
van die skool,
mnr. Barney de
Koker, genoem.



