Verskeie ruiters van die La Montage
perdryklub in Carletonville het die afgelope
naweek tydens ‘n groot kompetisie
presteer.
Volgens Jeanne-Mari Moller van La
Montage perdryklub, het verskeie van
die klub se ruiters op 28 en 29 Mei aan
die SANESA (South African National
Equestrian Schools Association) skou
by die Noble Equestrian Stalle by
Schoemansdrift naby Parys deelgeneem.
“Hierdie was die eerste kompetisie
waarin die ruiters aan beide die ryperden
ruiterkuns-afdelings deelgeneem
het,” het Moller Dinsdag aan die Herald
vertel.
Verskeie van die klublede het ander
deelnemers in die ryperd-afdeling op
hul neuse laat kyk.
Die vierjarige Clarise Coetzee het
twee tweede plekke in die leiriem-stapafdeling
gewen, terwyl Morgan-Ross
Pretorius, wat ook net vier jaar oud is,
‘n derde plek in dieselfde afdeling ingepalm
het. Intussen het die vyfjarige Diandi
Coetzee twee derde plekke in die
leiriem stap of draf-afdeling behaal,
terwyl Deone van der Westhuizen, ook
net vyf jaar oud, ‘n vierde- en vyfde plek
ingepalm het.
In die afdeling vir vlak 1 ruiters wat
gestap en draf het, het Jessica-Leigh
Jonker (9), ‘n vyfde en sesde, Cherenique
Janse van Rensburg (9) twee sewende
en Inge Grobler (9) twee agtsteplekke
ingepalm.
In die driegangklas vir vlak 4 ruiters
het Michael Brauckmann twee eersteen
Danielle Viljoen ‘n eerste- en tweedeplek
ingepalm. Beide ruiters is 13 jaar
oud. In die Ruiterkuns-afdeling het
Clafrise Coetzee twee tweede plekke,
Morgan-Ross Pretorius ‘n derde plek,
Diandi Coetzee ‘n vierde en vyfde plek
en Deone van der Westhuizen ‘n eerste
en vierde plek ingepalm.
Moller het na afloop van die byeenkoms
borge en ouers vir hul ondersteuning
bedank en genoem dat die klub
weer aan sulke kompetisies gaan deelneem.
Mense wat meer oor die klub se
aktiwiteite wil weet, kan haar by 082
461 2826 skakel.






