Fochville rugbyklub laat hul nie deur probleme onderkry nie
Fochville Rugbyklub nooi alle rugbyliefhebbers om te kom kyk wanneer die klub se eerste- en tweede spanne Saterdag op hul tuisvelde uitdraf. Volgens ‘n woordvoerder van dié rugbyklub, Riaan Scott, sal die klub se eerste- en tweede spanne Saterdag teen Lichtenburg op die veld draf. Die hekke sal reeds van 13:00 af oop wees en …
Fochville Rugbyklub nooi alle rugbyliefhebbers
om te kom kyk wanneer die
klub se eerste- en tweede spanne Saterdag
op hul tuisvelde uitdraf.
Volgens ‘n woordvoerder van dié rugbyklub,
Riaan Scott, sal die klub se eerste-
en tweede spanne Saterdag teen
Lichtenburg op die veld draf.
Die hekke sal reeds van 13:00 af oop
wees en rugbyliefhebbers kan hul tuisspanne
in die eerste wedstryde van die
tweede rondte van die Neser-liga ondersteun.
“Die wedstryde van nou af is van kardinale
belang omdat die tweede span
vierde en die eerstespan laaste lê,” het
Scott Dinsdag aan die Herald vertel.
Die volgende tuiswedstryde sal op 25
Junie wees wanneer die eerstespan teen
Vryburg en die tweede span teen Mafikeng
sal speel. Op 16 Julie sal Fochville
se spanne weer op hul tuisvelde teen
Leeudoringstad te staan kom.
Dié kragmetings sal op die klub se
tuisvelde by die Gert van Rensburg
sportkompleks in Fochville plaasvind.
Intussen noem Scott ouer spelers in
die Losberg-streek het ook met Fochville
Rugbyklub saamgesmelt. Dié span is
op soek na spelers. Enige belangstellendes
kan vir Peet by 083 273 0876 kontak.
Fochville Rugbyklub het ook ‘n
vrouespan gestig wat volgende jaar aan
die liga gaan deelneem. As gevolg hiervan
word voornemende vrouespelers
ook gevra om met die klub in aanraking
te kom.
Ongelukkig loop alles egter nie net
klopdisselboom by die klub nie. Verlede
Sondag sowel as op Sondag, 15 Mei,
het vandaliste by die stadion ingekom
en die badkamers by die rugby- en krieketklub
toegetakel. Hulle het bykans al
die wasbakke en toilette gebreek en hier
en daar ook ‘n koperpyp gesteel.
Volgens Scott is die klub deur werknemers
van die Merafong City Plaaslike
Munisipaliteit van die probleme in kennis
gestel. Meer as R300 000 se skade
is tydens die voorvalle aangerig.
As gevolg hiervan bied Fochville Rugbyklub
‘n beloning van R1 000 aan vir
enige iemand met inligting wat tot die inhegtenisname
van die vandaliste kan
lei.
Mense met inligting, of dié wat meer
oor die klub se aktiwiteite wil weet, kan
Scott by 082 490 4193 kontak.




