‘n Paar van die afgelope week se Curriebeker-wedstryde het vir groot verrassings onder ons raaiers oor wie vanjaar se kragmeting gaan wen, gesorg.
André van Engen Fochville en Fanie van Jack’s Paint se raaiskoot dat die WP verlede naweek die Haaie sou klop,
was in die kol en hulle het die ander raaiers met dié voorspelling lelik op hul neuse laat kyk.
Fanie se raaiery was verseker in die kol toe hy ook die enigste raaier was wat reg voorspel het dat die Bulle die
Leeus sou klop.
Intussen was Tinus van Carleton Engineering Services die enigste “speler” op ons raai-veld wat reg voorspel het
dat die Boland Kavaliers die Pumas se sterte sou knoop. As gevolg van die verrassings met can die uitslae was daar
nie een van ons raaiers wat verlede naweek bonuspunte vir ‘n volpunte-raaitelling kon inpalm nie.
Tydens die afgelope naweek se wedstryde het die WP die Haaie 34 – 27, die Cheetahs die Kings 57 – 25, die Bulle
die Leeus 31 – 17 en die Boland Kavaliers die Pumas 25 – 22 geklop.
Tydens die ekstra wedstryd wat op 31 Augustus gespeel is, het die Griekwas die Kings 47 – 24 in die stof laat byt. Die komende naweek se wedstryde begin reeds Donderdag wanneer die Boland Kavaliers en die Griekwas mekaar
om 19:00 in Griekwapark op Kimberley die stryd gaan aansê.
Intussen sal Vrydagaand se aksie ook om 19:00 begin wanneer die Leeus en die WP mekaar op Emirates Airline
Park in Johannesburg gaan aandurf.
Saterdag se aksie begin om 17:00 wanneer die Haaie en die Cheetahs op Kings Park in Durban teen mekaar gaan uitdraf. Om 19:10 gaan die Pumas en Bulle op die Mbombela-stadion in Nelspruit teen mekaar speel.
Al ons raaiers reken dat die Griekwas die Kavaliers gaan klop, terwyl net Fanie reken dat die WP die Leeus
gaan wen.
Hy en Johan is ook die enigste raaiers wat reken dat die Haaie die Cheetahs se sterte gaan afbyt. Johan is weer
op sy beurt die enigste raaier wat reken dat die Pumas die Bulle gaan laat les opsê.
Johan – 23
Jimmy – 22
Tinus – 21
André – 20
Ernest – 19
Willie en Pieter – 17
Fanie – 16
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.