Ons veld rugby-raaiers is redelik seker van die spanne wat hulle dink na die finaal van vanjaar se Curriebeker-kompetisie gaan deurdring.
Net twee van ons raaiers, Johan van Carletonville Plumbers en Ernest en Johan van BestDrive reken dat die
Cheetahs die Leeus in die stryd van die groot katte gaan laat les opsê.
Al ons ander raaiers, André van Engen Fochville, Jimmy van Tru Way Engineering, Tinus van Carleton Engineering
Services, Willie en Pieter van Bear Fitness en Fanie van Jack’s Paint, reken dat die Leeus verseker gaan wen.
Tinus was teen Dinsdag só seker van sy saak dat hy gereken het dat die Leeus met ‘n telling van 93 of meer gaan seëvier.
Kom ons kyk wat gebeur Saterdag. Intussen is dit ook net André en Ernest en Johan wat hul geld op die WP
sit. Saterdag se aksie begin om 15:00 wanneer die Leeus en die Cheetahs mekaar op die Toyota Stadion in Bloemfontein gaan pak. Die Bulle en WP gaan mekaar om 18:00 op Loftus Versfeld aandurf.
Aangesien daar nie verlede naweek enige Curriebeker wedstryde was nie, was ons rugby-manne se laaste vorige
raai-kans die naweek voor dit gewees.
Hier het die WP die Boland Kavaliers 30 – 28, die Pumas die Kings 38 – 30 en die Leeus die Haaie 28 – 16 in die
stof laat byt.
Al ons raaiers was reg met hul voorspellings dat die WP en die Leeus sou wen. Net Fanie en Johan het gereken
dat die Kings in hul wedstryd sou kon seëvier.
Met nog net twee weke se raaikanse oor, begin die dinge op ons raai-veld nou kokend raak.
Jimmy het sy voorsprong verhoog met Ernest en Johan, asook André wat saam drie punte agter hom in die tweede
plek is. Tinus is vierde, net ‘n punt agter hulle.
Kom ons kyk hoe lyk sake na afloop van die naweek.
Jimmy – 43
Ernest en Johan – 40
Andre – 40
Tinus – 39
Johan – 38
Willie en Pieter – 31
Fanie – 30



