SportSport

Skopbokser laat ander op hul neuse kyk

‘n Jong vegter van die XKT Skopboksklub van Carletonville het onlangs gewys waartoe hy in staat is.

‘n Jong vegter van die XKT Skopboksklub van Carletonville het onlangs gewys waartoe hy in staat is.
Gordon du Plessis het op 22 Oktober as deel van die Wes Gauteng-span aan
‘n interprovinsiale kompetisie in Kaapstad deelgeneem. Die byeenkoms is in
Delft beslis.
Die 15-jarige Gordon kon daarin slaag om ‘n goue en twee silwer medaljes in te palm. Hy het die goud vir volgehoue geveg (continuous fighting) ingepalm.
Wes-Gauteng het ook die Wes-Kaapse tuisspan tydens die kragmeting met punte geklop.
Dié jongeling, wat in die o.63 kg-afdeling vir juniors geveg het, is reeds sedert 2008 met skopboks besig.
“Hy was een van my eerste studente,” het die klub se afrigter, Shihan Chimmy
van Winkel, aan die Herald vertel.
Van Winkel het nou as shian gekwalifiseer na hy sy vyfde swart gordel in skopboks behaal het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button