SportSport

Jongeling Suzelle wen brons by SA’s

Suzelle Smith (7) ‘n graad een-leerling van Laerskool Fochville, is die jongste atleet in Fochville wat dit kon regkry om ‘n medalje by die pas afgelope Interprovinsiale Kampioenskap van Atletiek Suid-Afrika te wen.

Suzelle Smith (7) ‘n graad een-leerling van Laerskool Fochville, is die jongste atleet in Fochville wat dit kon regkry om ‘n medalje by die pas afgelope Interprovinsiale
Kampioenskap van Atletiek Suid-Afrika te wen.
Die kampioenskap is vanjaar op Saterdag 19 November by die Kingspark Stadion in Durban aangebied.
Om te kwalifiseer vir die Noordwes span, het Suzelle aan vier byeenkomste van Atletiek Suid-Afrika deelgeneem in Potchefstroom, waar sy in elke byeenkoms die 60- en 80m wedlope gewen het. Daarna het sy aan die Noordwes kampioenskap deelgeneem waar sy ‘n tweede plek in die 60m en ‘n eerste plek in die 80m wedloop verower het, wat haar plek in die Noordwes Atletiekspan verseker het.
Suzelle het in Durban aan die 80m wedloop vir meisies o.7 jaar deelgeneem en ‘n derde plek verower, ‘n prestasie waarop haar pa Pieter Smith baie trots is. Volgens haar pa oefen Suzelle baie hard onder die wakende oog van haar skool en haar buite afrigter, Hugo Sylvestri.
Smith sê ook dat Suzelle haar sport baie geniet en dat sy vanjaar ook netbal vir haar skool gespeel het.
Daar word geglo dat Suzelle ‘n naam is om dop te hou in die toekoms. Dié
jonge dame gaan dit nog ver bring.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button