Local newsSport

Pantherz bly bedrywig

Hulle berei vir hul nasionale kampioenskap voor.

Ons omgewing se vroue rugbyspan, die Pantherz van Fochville, is reeds hard aan die gang om hulle vir hul nasionale kampioenskap voor te berei.

Volgens een van dié span se afrigters, Wiekes Coetzer, het die span weer die afgelope naweek ‘n strawwe oefensessie gehad.

Daar lê nog net sowat ses sulke oefeninge voor hul groot kragmeting voor.
Die vroue wat deel is van die span werk hard om hul vaardighede te verbeter, maar daar is steeds nog spelers nodig.

“Ons vra ook vir enige iemand wat deel wil word van die enigste vrouespan in Fochville om my by 083 957 3230 te kontak. Ons oefen Maandae en Woensdae om 17:30 by Laerskool Losberg in Fochville,” sê Coetzer.

Die nasionale kampioenskap vind van 19 tot 24 September in Mosselbaai plaas.

“Ons vra die gemeenskap om ons met borgskappe te ondersteun. Enige hulp sal waardeer word,” sê Coetzer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button