
Hoërskool Carletonville het die afgelope naweek in die finaal van hul afdeling van die Goue Leeus ‘n taai rugbystryd gehad.
Callies het Saterdag in die finaal van die liga teen Hoërskool Bekker van Magaliesburg gespeel.
Callies moes ongelukkig met ‘n telling van 47 – 5 die knie teen Bekker buig. Die span kom nou volgende Saterdag, 27 Julie, in die SDC Noordvaal Kwartfinaal teen HTS Elspark te staan. Die wedstryd vind op Callies se velde plaas.
“Ons sal dit waardeer as u ons span sal kom ondersteun,” nooi die skool se woordvoerder, mev. Sandra Venter, uit.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.