Local newsSport

Callies se hokkie meisies bo

Hulle het uitstekende ondervinding opgedoen.

Hoërskool Carletonville se o15 hokkiespan het hulle dié seisoen uitstekend van hul taak gekwyt.

Volgens die skool se woordvoerder, Sandra Venter het die span hulle seisoen op ‘n hoogtepunt afgesluit deur na die Noordvaal Kampioenskappe deur te dring.

Dié kragmeting is die afgelope naweek by Curro Vanderbijlpark gehou en die span moes teen verskeie opponente te staan kom.

“Hoewel hulle nie as die oorwinnaars uit die stryd getree het nie, het die meisies baie goeie ondervinding opgedoen om op Astrobane te speel,” sê Venter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button