Local newsSport

Losberg Gymnastics weer op die wenpad

Ons omgewing se jong gimnaste hoef vir niemand terug te staan nie.

Gimnaste van die Losberg Gymnastics gimnastiekklub het weer gewys dat hulle van die beste in die land is.

Die klub se hoofafrigter en eienaar, JJ Strydom, sê van die klub se meisies gimnaste het op 26 en 27 Julie by die Matsport Gymnastics Centre in Pretoria meegeding terwyl die seuns op 27 Julie by die Centurion Gymnastics Centre deelgeneem het.

“Ons het by die kompetisies meestal met eerste en tweede plekke weggestap, wat vir ons ‘n baie groot prestasie is omdat ons teen groot gimnastiek skole van plekke soos Kempton Park, Johannesburg, Pretoria en Emfuleni meegeding het. Ons jongste gimnas wat deelgeneem het is ses jaar oud en ons oudste gimnas is 15,” sê Strydom.

Die gimnaste sal die komende naweek tydens nóg ‘n groot kompetisie hul staal wys.

“Almal wat híér deurgaan, gaan SA’s toe. Ons weet sommer die gimnaste gaan tydens die naweek se kompetisie net so goed doen en vir die SA’S kwalifiseer,” sê Strydom.

“Die SA’s is dié jaar in die Wes-Kaap en ons gimnaste kan nie wag om Kaap toe te gaan nie. Ons het ‘n klomp geldinsamelings aan die gang om van die gimnaste en ouers te help met die finansies,” voeg Strydom by. Intussen was SABC Sports ook verlede week by die klub se gimnasium by die Gracepoint Church in Vredestraat in Fochville.

Hulle het met drie 15-jarige gimnaste, Dawid Pretorius, Kgosi Msimango en Alejaundra Pretorius onderhoude gevoer. Die program gaan op 16 Augustus om 15:00 op SABC 1 uitgesaai word.

Related Articles

Back to top button