Local newsSport

Pretloop volgende week in Fochville

Met die heerlike warmer weer kan almal weer aan die beweeg kom.

Fochville-inwoners kan binnekort hul bene rek tydens ‘n pretloop by die NG Kerk Noord se basaar.

Die pretloop word op 30 Augustus tydens die basaar, wat ook as die familiefees of Famfest bekend staan, aangebied.

Die roete van vyf kilometer begin om 16:30 by die kerk se terrein en eindig ook later daar. Deelnemers wat die prysuitdeling bywoon, kan vir verskeie pryse kwalifiseer.

Inwoners wat belangstel in die pretloop kan die kerk of Van der Merwe Peché Prokureurs kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button