Scorpions-rugbyspan sluit seisoen af met laaste ligawedstryde teen Roodepoort
Kom ondersteun hulle op 26 Julie by Hoërskool Wonderfontein.
Die Scorpions Rugbyklub se spanne sal hierdie naweek hul laaste ligawedstryde van die seisoen speel en die gemeenskap word aangemoedig om hulle te gaan ondersteun.
Die klub het op 19 Julie teen Germiston Simmers te staan gekom. Die o19-span het ‘n indrukwekkende oorwinning van 31–28 behaal.
“Dit maak ons harte so bly,” het die klubbestuurder, Joe Bosch, gesê.
Hoewel die eerste span ‘n swaar nederlaag van 0–81 teen Germiston Simmers gely het, bly die klub positief. “Ai, ons ouens se harte is op die regte plek,” het Bosch bygevoeg.
Die Scorpions sal op Saterdag, 26 Julie, hul finale wedstryde van die seisoen speel teen Roodepoort. Die wedstryde sal plaasvind op Hoërskool Wonderfontein se rugbyvelde. Die aksie skop af om 13:00, met die eerste spanne wat om 16:00 die veld sal betree.
Die klub nooi alle inwoners van Merafong en omliggende uit om saam te kom en hul plaaslike spanne te ondersteun.



