NewsNewsSportSport

Merafong krieketklub reg vir 2020

Die Merafong krieketklub is reg vir gróót dinge in 2020 en spelers is steeds welkom om aan te sluit.

Volgens die klub se voorsitter, Daniel Naude, begin die klub die nuwe jaar die komende naweek met ‘n klomp aksie.
Die klub speel Saterdag, 18 Januarie in Potchefstroom teen Potch Defense en Sondag in Rustenburg teen Geek Academy.
Die klub se eerste tuiswedstryd is op 25 Januarie teen Impala Precrete.
“Ons hoop vir ‘n goeie begin van die nuwe jaar,” sê Naude.
Intussen het die klub reeds weer op 13 Januarie begin oefen.
Oefentye is elke Maandag en Woensdag van 16:30 tot 18:30 by Hoërskool Wonderfontein in Carletonville.
Wedstryde word op die Gert van Rensburg-stadion in Fochville beslis.
Spelers wat belangstel om by Merafong krieketklub aan te sluit, kan Daniel Naude by 082 055 2879 of Zennen Naude by 060 418 5664 skakel.

You can read the full story on our App. Download it here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button