Paartjie erg aangerand, van laaste R300 beroof
Daar is geen einde aan die wrede plaasaanvalle in Suid-Afrika nie. Die ergste is dat mense soms erg aangerand, vermink of vermoor word vir ‘n skamele bedrag geld. Soos nou weer die geval van ‘n paartjie van Bapsfontein. Daar word vermoed dat vier tot ses aanvallers laat Dinsdagaand toegang tot die woning verkry het deur…
Daar is geen einde aan die wrede plaasaanvalle in Suid-Afrika nie. Die ergste is dat mense soms erg aangerand, vermink of vermoor word vir ‘n skamele bedrag geld.
Soos nou weer die geval van ‘n paartjie van Bapsfontein. Daar word vermoed dat vier tot ses aanvallers laat Dinsdagaand toegang tot die woning verkry het deur die voordeur oop te breek.
Die 51-jarige man is met ‘n serp verwurg en sy privaatdele is met ‘n skerp voorwerp gesny. Die 61-jarige vrou het harsingskudding opgedoen en haar oortrommel het ook glo gebars. Dit wil voorkom of albei erg geslaan en geskop was.
Die vroue het na die aanval tot by die plaaspad gestap om hulp te ontbied. Die man is in ‘n kritieke toestand na die hospitaal geneem.
Behalwe vir die man se houtwerktoerustig en hul selfone, is die paartjie van hul laaste bietjie kontant (sowat R300) beroof. Al hierdie pyn en ellende vir so biejtie geld!
Hier is ‘n skakel na die oorspronklike artikel: