Local newsNews

Fopnuus Cholera-storie jaag Vaal-inwoners op hol

Iemand probeer paniek saai.

‘n Boodskap wat die indruk wek dat daar ‘n tans Cholera uitbreking in die Vaaldriehoek is, is volgens AfriForum fopnuus.

Die boodskap is die afgelope week wyd op sosiale media gedeel en volgens die boodskap het die “Vaalrivier positief vir Cholera getoets”.

Inwoners word dan gevra om nie kraanwater te gebruik nie – “veral wanneer jy nie seker is waar jou water vandaan kom nie.”

Die berig skermskoot en waarskuwing wat aangestuur word is van ‘n ou onderhoud wat in 2023 gevoer is.

Die siekte is inderdaad baie gevaarlik en kan tot sterftes lei, en dit is juis waarom dit besig is om inwoners op hol te jaag.

De Klerk sê hy vermoed die persoon wat die ou berig uit 2023 opgediep het en nou aanstuur of dit vars nuus is probeer paniek saai.

Volgens De Klerk het hy Dinsdagaand ook navrae oor die boodskap gekry.

“Ek dra glad nie kennis van enige nuwe cholera gevalle of kwessies wat tans aan die orde van die dag is nie,” sê De Klerk.

Lees die oorspronklike berig wat in Mei 2023 verskyn het hier

Hier is ‘n skakel na die berig wat gister op die webwerf van die Herald se susterkoerant Vaalweekblad verskyn het:

https://www.citizen.co.za/vaalweekblad/news/2024/04/16/fopnuus-cholera-storie-jaag-vaal-inwoners-op-hol/

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button