Local newsNews
Swaar reënval affekteer verkeer op N12 verby Ikageng
Water het op die N12 verby Rossstraat in Potchefstroom opgedam waar ligte voertuie deur die water sukkel.
Motoriste word gewaarsku om versigtig op die N12 te ry na swaar reën wat deurlopend vandag (Vrydag, 17 Februarie) geval het.
Teen 11:00 vanoggend het die Schoemansdriftbrug oor die Vaalrivier tussen Vredefort en Parys, ook alreeds oorstroom.


“By die N12 verby Ikageng loop daar water oor die loopvlak. Die verkeer loop baie stadig in beide rigtings. Die owerhede is ontbied. Ons versoek dat mense versigtig is indien hulle in daardie area beweeg, sowel as alle laagliggende gebiede waar swaar reën tans val,” het Fanie du Toit van die VF Plus in ‘n stemnota meegedeel.
Hy noem ook dat die water tans opdam as mens in Potch inry vanaf Klerksdorp se kant by Rossstraat se verkeerslig. Die syingang is ook heeltemal onder water.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



