Stoei is weer ‘n Olimpiese sport
Tydens ‘n stemming deur die Internasionale Olimpiese Konfederasie het stoei vir bofbal en sagtebal, asook muurbal uitgestof.
ALBERTON: Stoei is een van die mees gewilde sportsoorte in Alberton en Alberton Amateur Stoeiklub sedert sy stigting in 1958 een van Alberton se voorste en toonaangewende sportklubs. Daaron is die nuus dat amateurstoei weer in 2020 in Tokio terug in die Olimpiese arena sal wees, groot nuus vir Alberton en stoei in die dorp.
Stoei was sedert 1896 deel van die modern Olimpiese Spele, maar het sy status in Februarie vanjaar verloor. Tydens ‘n stemming deur die Internasionale Olimpiese Konfederasie het stoei vir bofbal en sagtebal, asook muurbal uitgestof.
Stoei is ‘n integrale deel van Alberton se roemryke sportgeskiedenis en die klub se eerste fasiliteite was by die Laerskool Generaal Alberts van 1958 tot 1972. Die huidige fasiliteite in die Hennie Jonkersaal in die Albertonse Binnenshuise Sportsentrum is in April 1976 in gebruik geneem en vernoem na Hennie Jonker, klubvoorsitter vir 17 jaar vanaf 1963 tot 1981. Alberton se eerste twee Springokstoeiers voor 1987 was Piet van Resburg en Johan de Jager.
Die huidige voorsitter van Alberton Amateur Stoeiklub is Jaco Kriel ook voorsitter van die Alberton Sentrale Sportraad, wat hom soos volg oor die verblydende nuus van stoei se nuwe Olimpiese status uitgelaat het: “Dit is die beste nuus wat stoeiers in SA en die res van die wêreld kon kry. Nou is daar iets waarvoor die stoeiers kan kan werk en voorberei.”