EntertainmentLifestyle

Barnard fliek uit in April

Groot vermaak is oppad.

DIE bekende radiodrama en verhoogstuk, Die Rebellie van Lafras Verwey, uit die pen van bekroonde skrywer Chris Barnard, wat op 7 April in fliekteaters landwyd begin draai, se amptelike lokprent is pas bekendgestel. Die gesoute akteur Tobie Cronjé vertolk die hoofrol.

https://youtu.be/mlU_0XZs-MY

Die Rebellie van Lafras Verwey word vervaardig deur geliefde aktrise en regisseur Katinka Heyns en Genevieve Hofmeyr, onder leiding van opkomende filmmaker, Simon Barnard. Laasgenoemde maak ook sy debuut as regisseur van ’n vollengte speelfilm met dié boeiende verhaal.

Simon, seun van Katinka Heyns en Chris Barnard, het in die vermaakbedryf grootgeword. Sy eerste rol in ’n fliek, was as die jong Benjamin Komoetie in die treffer, Fiela se Kind. Buiten vir die regie en vervaardiging van ’n dokumentêr oor sy pa vir kykNET en musiekvideos vir Die Heuwels Fantasties, is hy ook die skepper van 60 programme, in samewerking met kykNET en Medihelp, oor geestesgesondheid (’n Lewe met … / Living with …) saam met psigiater Dr Franco Colin.

Sy eerste professionele kennismaking met ’n drama was op die stel van Die Wonderwerker, met sy pa as skrywer en ma as regisseur, waar hy fotografie, redigering en regie van materiaal agter die skerms behartig het. Simon is tans mededirekteur van Sonneblom Ateljees, wat in 1975 deur Katinka gestig is. Katinka is bekend in radio-, televisie-, film- en teaterkringe, as aktrise en regisseur en is al met verskeie toekennings bekroon, waaronder die internasionale Crystal-toekenning vir Vroue in Rolprente, tien MNet Vita-toekennings, die Rapport City Press Vrou van die Jaar-toekenning, die Ere-Kanseliersmedalje van die Tswane Universiteit van Tegnologie, ’n FAK-erepenning en ’n SAFTA-prys vir lewenslange bydrae tot die bedryf.

Sy is ook die eerste vrou wat in die Nasionale Rolprent- en Televisiestigting se Hall of Fame opgeneem is en deur die Departement van Kuns en Kultuur as raadslid van die Nasionale Rolprent- en Videostigting aangestel is. As verhoog- en rolprentaktrise, het sy al saam met die room van Afrikaanse kunstenaars opgetree, met hoofrolle in verskeie flieks, soos Pappalap, Jannie Totsiens, Eendag op ’n Reëndag en Babbelkous en Bruidegom saam met Tobie Cronjé.

In 1987 maak sy haar debuut as rolprentregisseur en –vervaardiger, waarna ’n rits suksesvolle films soos Fiela se Kind, Die Storie van Klara Viljee en Paljas, volg. Laasgenoemde was ook die eerste Suid-Afrikaanse rolprent wat aanvaar is vir ’n Oscar-benoeming. Haar mees onlangse film, Die Wonderwerker, is ook met lof ontvang. Haar D Phil (ere-doktorsgraad – TUKS) en onlangse erepenning van die Akademie van Wetenskap- en Kuns, gee erkenning aan haar oorkoepelende bydrae tot die bedryf.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Comaro Chronicle in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button