Die Ecarté-gimnastiekklub in Modimolle se tuimelaars het op Saterdag 9 Junie aan die SAGF Tumble Mania-kompetisie in Pretoria deelgeneem. Hulle het behoorlik stof in hul opponente se oë geskop met hul puik tuimelreekse. Voor sit Mario Opperman, Kialize Swart, Jannica Swart en Zúret Gilliland. Agter staan Wessel Swart, Rialet Potgieter en Gerhard Kotzee met Nicolas Swart op sy nek, Danike Nortman en Stiaan Opperman. Lukas van der Merwe was afwesig met die neem van die foto.
Drie van die Ecarte-gimnastiekklub in Modimolle se tuimelgimnaste het op Saterdag 2 Junie in Benoni aan die gesogte Eagles-kompetisie deelgeneem. Mario Opperman was eerste met minitrampolien en tweede met tuimel, Rialet Potgieter was eerste met tuimel en Stiaan Opperman was derde met minitrampolien en derde met tuimel.Bongani Tshabalala (13), ’n leerder aan Laerskool Warmbad, is gekies om deel te wees van die Suid-Afrikaanse biathlespan wat op Saterdag 23 Junie in Port Elizabeth deelgeneem het. Hy het tydens die byeenkoms 22ste geëindig. Bongani is deel van die plaaslike Olympia-atletiekklub.Nadja Nortjé, ’n gr. 12-leerder aan Waterberg Academy in Vaalwater, het op Maandag 18 Junie erekleure vir boogskiet ontvang. Sy het haar junior Proteakleure vir dié sport ontvang en is ook vir die National Archery in the Schools Programme South Africa se nasionale span gekies wat Suid-Afrika van 9-11 Julie in Calgary, Kanada, tydens die wêreldkampioenskap verteenwoordig.Marizé van Rooyen (11), ’n tuisonderrigleerder van Modimolle, het op 2 en 3 Junie, asook op 9 Junie, aan Tennis Suid-Afrika se Gauteng-Oos-minitoernooi in Benoni in die afdeling vir meisies o.14 deelgeneem. Sy het baie goed teen die ouer meisies gespeel en derde in die enkelspel geëindig. Sy is tans derde op die Gauteng-Noord-ranglys vir meisies o.12.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.