Ywerige swemmers van Bela-Bela is die laaste paar weke so effens “gestrand”. Hoërskool Warmbad het die skool se swembad leeg getap om ’n lekplek te herstel. Paul Liddle, skoolhoof, het gesê die instandhoudingswerk is goed op dreef en die swembad sal hopelik teen Saterdag 14 Julie weer vol water wees. Die skool vra egter vir donasie vir die herstel van die swembad omdat dit ’n reuseprojek is. Vir meer inligting en vir donasies bel vir Amelia Daling by tel. 082 567 9963.
Lede van die Waterberg Defensive Pistol Club het die naweek van 16-17 Junie aan die Noordelike nasionale kampioenskap in Polokwane deelgeneem. Die deelnemers het aan 17 verskillende baanscenario’s deelgeneem. Op die foto is Esti Bender (derde in die gevorderde dienspistool- en beste vroueskutafdeling), Gerrit-Jan Bakker (eerste in die rewolwerskerpskutafdeling), Nando Oberholster (eerste in die gevorderde dienspistoolafdeling) en Alan van Rooyen (eerste in die baasskutrewolwerafdeling). Klublede neem elke jaar aan ’n kwalifiserende ronde deel om te bepaal in watter klas hulle moet deelneem. Die klub is met die Internasionale verdedigende pistool assosiasie geaffilieer. Kobus Loubser is die plaaslike klubvoorsitter.Ofentse Mokoena en Henrique Huisamen van Hoërskool Warmbad het op Woensdag 27 Junie na Frankryk vertrek om aan die jaarlikse internasionale interprovinsiale atletiekbyeenkoms deel te neem. Henrique sal sy slag in skyfwerp en gewigstoot wys en Ofentse in skyfwerp, spiesgooi en gewigstoot. Op die foto is die twee voor hulle vlug vertrek het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.