Home/Galleries/Community galleries/Geite en giere… Community galleriesGalleries Geite en giere… Wat gebeur in en om die Waterberg? August 30, 2018 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Die Waterberg-sakekamer het hulp uit ’n ietwat ongewone oord ontvang. Pat Loots, ’n sakeman van Modimolle, het ’n krokodil aan die sakekamer geskenk. Martin van Vuuren het die krokodil gekoop en die sakekamer het die helfte van die wins aan die Heritage Protecton Group (HPG), ’n niewinsgewende veiligheidsorganisasie, geskenk. Die ander helfte van die geld sal aangewend word vir die sakekamer se regsaksie teen Eskom om te verhoed dat die dorpe in die munisipaliteit se krag afgeskakel word weens wanbetaling. Voor op die foto is Jan Koelewyn, Loots, Van Vuuren, Fernando Goncalves en Wiets Botes. Agter staan Jakkie Boshoff en Paul Fouché. Die duurste Tipe 5 Dorperram is tydens die onlangse veiling by die Warmbad Veemark-skou deur Kowie de Witt vir R42 000 aan Hannes van Staden van Tiegerpoort Boerdery verkoop. Op die foto voor is die hanteerder Willem Potgieter. Agter staan Stefan Greyling (Vleissentraal Bosveld-afslaer), Van Staden met Marthinus, De Witt en Kobus Potgieter (veilingskoördineerder). Inwoners wat hul verkyk aan die groot verskeidenheid clivias, oftewel boslelies, wat beskikbaar is of die verskil tussen oranje, perske, rooi en geel, wil leer, loer gerus in by Ans Jacobs se cliviakwekery in Kerkstraat, Modimolle. Die blomme kan elke dag van die week, behalwe Sondae, bekyk word, maar maak liefs vooraf ’n afspraak. Daar sal ook clivias te koop wees en ’n deel van die opbrengs word aan Die Pos se Kinderfonds geskenk. Vir meer inligting bel Jacobs by tel. 082 372 0765. August 30, 2018 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print