Frances de Jonge van Hoërskool Warmbad is ’n jong atleet wat nie onderskat moet word nie. Sy het die 90 m hekkies vir meisies o.15 gewen tydens die Warries se tuisbyeenkoms verlede Vrydag 8 Februarie teen Hoërskool Die Wilgers en Hoërskool Tom Naudé en ook baie goeie tye in die 100- en 200 m-items behaal. Foto: Herman Steyn
Thilize van den Heever is ’n uitblinkeratleet van Hoërskool Warmbad wat haar oog op ’n hele paar medaljes het by die gewilde Bosveld-interhoër wat op Saterdag 23 Februarie op die Warries se tuisveld aangebied word. Thilize het die 400 m vir meisies o.16 in ’n skitterende tyd voltooi tydens die Warries se tuisbyeenkoms verlede Vrydag 8 Februarie teen Hoërskool Die Wilgers en Hoërskool Tom Naudé. Foto: Herman Steyn
Hierdie atlete van die Euphorbiaskool in Mookgophong het op Vrydag 8 Februarie hul staal gewys in die areabyeenkoms en is in die Mahwelereng-areaspan opgeneem. Hulle neem op Vrydag 15 Februarie by Laerskool Krugerpark in Mokopane deel. Voor is Cheline van Jaarsveld, Isabella Rentroia, Mia Botha, Chané Loots, Chinika Pretorius en Chaldene Burger. Agter is Wynand Geyser, Theuns van Wyk, Andre Brits, AJ Loots, Waldo Hoffmann en Ruan Swan.
Hierdie leerders van die Euphorbiaskool in Mookgophong het baie goed tydens die interlaeratletiekbyeenkoms presteer. Die byeenkoms is op Maandag 4 Februarie by Laerskool Eugène N. Marais gehou en agt skole het deelgeneem. Voor staan Divan de Bruin (derde in die 60), Mia Botha (eerste in die 60 m en tweede in die 80 m), Chané Loots (derde in gewigstoot) en Chris van Heerden (derde in die 1 200 m). Agter staan Wynand Geyser (derde in gewigstoot), Ettienne de Villiers (tweede in die 200 m), Izabella Rentroia (derde in die hoogspring, Cheline van Jaarsveld (eerste in gewigstoot), Waldo Hoffmann (eerste in hoogspring) en Ruan Swan (derde in die 80 m hekkies).
Hierdie atlete het die Waterbergskool vir CVO se naam hoog gehou tydens die vriendskaplike Paardekraal-atletiek-byeenkoms waaraan agt skole op Saterdag 9 Februarie deelgeneem het. Die medaljewenners is (voor) Janus Oosthuizen, Jani Stapelberg, Soné Crafford, Petria Stapelberg en Juanel Visagie. In die middel is Lize Stapelberg, Kiandra Doubell, Mariska Kruger, Melienke Vermaak en McKayla Vermaak. Agter is Henru Botha, Colin Boshoff, Cecil Botha en Ruan Camphor. Hulle neem op Saterdag 16 Februarie aan die streeks-atletiek deel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.