Phillip Humphries, Kobus Engelbrecht, Lesley Maritz, GP Meijer, Femke Minnaar en LJ Humphries is gr. 12-leerders aan die Waterbergskool vir CVO in Modimolle. Hulle het op Saterdag
13 Julie mondelinge eksamen in
Afrikaans en Engels in Pretoria
afgelê. Die leerders word getoets op voorbereide en onvoorbereide toesprake, lees, luisteroefeninge en groepbesprekings oor aktuele sake. Die leerders moes ook boekbesprekings en filmresensies gelewer het. Die skool is een van 172 skole wat die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) se eksamen aflê, onder toesig van
Umalusi, maar onafhanklik van die onderwysdepartement.
’n Hele span nuwe personeellede en studente is aan die begin van die derde kwartaal by Laerskool Nylstroom verwelkom. Voor sit studente Shané de Villiers, Lianette Bredenkamp en Esca Korff. Agter staan Suné Stoffberg (student), Chrissie Roodt (Afrikaans, asook tegnologie en natuurwetenskap) en Corlie Bosman (sosiale wetensap en Afrikaans). Veronica Shepherd (kuns, tegnologie en natuurwetenskap) was afwesig met die neem van die foto.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.