GalleriesSchools galleries

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele en akademiese uitblinkers.

Dié drie leerders van die Waterbergskool vir CVO het die skool se naam hoog gehou tydens die onlangse streekkultuurfees by die skool. Hulle is uit meer as 200 inskrywings gekies om by die nasionale kultuurfees op Saterdag 17 Augustus in Mokopane deel te neem. Voor staan Mia Prinsloo (drama) en agter is Lesley Maritz (drama) en Melienke Vermaak (klavier).

 

Dié vier leerders van die Waterbergskool vir CVO in Modimolle was medaljewenners tydens die kultuurfees wat op Saterdag 20 Julie deur die skool aangebied is. Voor staan Mia Prinsloo (drama) en agter is Ockert Fourie (drama), Lesley Maritz (drama) en Melienke Vermaak (onvoorbereide lees en klavier).

 

Dié vier leerders van Laerskool Warmbad is gekies om die skool te verteenwoordig by die Tritech-ekspo vir jong wetenskaplikes in Tzaneen. Hulle is Annemike du Preez, Kaylee Brent-Meek, Christiaan Oberholzer en Jaco Maritz.

 

Harde werk moet mos beloon word! Hierdie leerders van Laerskool Warmbad is vir hul akademiese prestasies vereer en daarom genooi om op Woensdag 31 Julie die gewilde Lion King-fliek is Pretoria te gaan kyk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button