Die nuutverkose leierkorps vir 2020 is tydens die prysuitdeling aangewys. Hulle is Calbert Viviers, Cecil Botha, Mariska Kruger (hoofmeisie), Colin Boshoff (hoofseun), Janu le Roux en Liam Murray.
Verskeie toppresteerders in die hoërskool is by hierdie geleentheid vereer vir hul harde werk en buitengewone prestasies. Herman Steyn het die foto’s geneem.
GP Meijer is as senior Dux-leerder vir 2019 aangewys. Ds. Christiaan Jooste, waarnemende voorsitter van die ouerraad, is saam met hom op die foto.
Mariska Kruger is aangewys as sportmeisie vir 2019. Kobus Stapelberg, ondervoorsitter van die ouerraad, het die trofee aan haar oorhandig.
Lesley Maritz het met die hoogste toekenning, die Waterbokkie van die jaar, weggestap. Hierdie toekenning word gemaak aan ’n leerder wat op verskeie terreine uitgeblink het. Ds. Christiaan Jooste, waarnemende voorsitter van die ouerraad, het die trofee oorhandig.
Rena Jooste is die kultuurmeisie vir 2019. Santie Botha, lid van die ouerraad, het die toekenning aan haar oorhandig.
Cecil Botha is die kultuurseun vir 2019. By hom op die foto is Santie Botha, lid van die ouerraad. Cecil is ook ’n kranige sportman en is vereer as sportseun van die jaar.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.