Laerskool Constantia Park van Pretoria was een van ses laerskole wat deelgeneem het en die jong fotograwe het behoorlik hul slag gewys. Op die foto is Ben Delport, Reghardt Momberg, Johan Meintjies (onderwyser) Hannah le Roux en Esmé Bowes. Regs agter staan Kaitlin le Roux.
Soos verwag het die Waterbergers die beoordelaars se stoutste verwagtinge oortref.
Die Pietersen-gesin van Pretoria (voorheen van Bela-Bela) het hul gesin se gunstelingstokperdjie in die Waterberg kom uitstal en elk met ’n toekenning huis toe gegaan. Pa Willem is die dryfkrag agter die twee dogters Jenae (links) en Lenice (regs) se ywerige fotonemery.
Die Kokanje-aftreeoord buite Modimolle is bekend vir hul baie aktiwiteite en klubs. Maritha Beneke, Ricky Durandt en Lourens Durandt neem graag foto’s en het ’n hele aantal sertifikate verower.
Die Bosveld-fotografieklub in Modimolle se lede is baie bedrewe agter die lens en hul foto’s verskyn gereeld in Die Pos. Hier is Ancia de Plessis, Antoinette Hymans en Johan Hymans van Modimolle met hul toekennings.
Die Warmbad-fotografieklub het weer stem dik gemaak by die kompetisie. Die klub is bekend vir die pragfoto’s wat gereeld in Die Pos verskyn. Voor is Alma Hoon, Drina van der Merwe, Gerda de Bruto en Kathleen Stevens. Agter staan Michelle Rootman, Wilna Venter, Jan Pelser, Tilly Kriel en Astrid Cooper.
Altesame 29 fotograwe het 261 foto’s van hoogstaande gehalte ingeskryf.
Daar is 125 hoogste lof-toekennings, 135 goue sertifikate en 1 silwer sertifikaat toegeken.
Die beoordeling is deur Pieter Nel, voorsitter van die Bosveld fotografieklub in Modimolle, en Hennie Ludik, voorsitter van die Warmbad-fotografieklub, gehanteer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.