Bela-Bela het die afgelope naweek goeie reënval gehad met sowat 10 mm wat oor groot dele in en om die dorp uitgesak het. Dié waterskilpad het sy verskyning op Sondag 3 November in Apiesdoringlaan in die dorp gemaak kort nadat die reën opgehou val het. Foto: Herman Steyn
Die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) se Bela-Bela-tak het van Albie Pretorius, ’n jare lange lid, afskeid geneem. Sy het vir 15 jaar as tesourier vir die SAVF opgetree. Pretorius verhuis na George in die Wes-Kaap. Die SAVF bedank haar vir haar toewyding en vriendskap. Voor op die foto is Lana van der Watt, Pretorius, Bets Strydom en Elize van der Westhuizen. Agter is Jasmyn Koekemoer, Elsie Pretorius, Hester du Toit, Martie Raubenheimer en Rika Kruger.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.