Home/Galleries/Boekevat en kekkelbekke GalleriesSchools galleries Boekevat en kekkelbekke Skole spog met hul kulturele en akademiese uitblinkers. November 15, 2019 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Die Waterberg Karate Academy is hard aan die werk om geld in te samel vir die klub se 20 karatekas wat gekies is om later vandeesmaand in Duitsland aan die JSKA internasionale byeenkoms deel te neem. Die klub het onder meer kaartjies vir gelukkige trekkings verkoop om die karatekas se reiskoste te help dek. Die trekking is die afgelope week by Die Pos se kantoor in Bela-Bela gehou en 20 wenners is gekies wat van vakansies tot ’n slagskaap gewen het. Op die foto is Monique en sensei Nico von Stade van die klub, saam met Keina Swart, redakteur van Die Pos, tydens die trekking. Hoërskool Warmbad het vanjaar die Paljas Kersmark op Saterdag 2 November in samewerking met Die Pos-koerant aangebied. Die skool se uitvoerende komitee (UK) het tydens die mark hard gewerk om alles seepglad te laat verloop. Die skool se voedselskema, ’n projek waar behoeftige leerders daagliks ’n ete ontvang, het ’n bedrag ontvang uit die donasies wat besoekers as toegangsgeld geskenk het en die UK het ook ’n bedrag ontvang vir die werk wat hulle tydens die geleentheid verrig het. Op die foto neem die UK-voogde, Jeanne Bekker en Tiaan Botes, saam met die UK-hoofleiers,Grizelle Lepart en Rikus Labuschagne, die geld in ontvangs. Vyf leerders van Hoërskool Warmbad se musieksentrum het op Sondag 3 November tydens ’n spoggeleentheid van die nasionale eisteddfod se noordelike streekbyeenkoms (Limpopo en Noord-Gauteng) by die Atterbury-teater in Pretoria presteer. Op die foto is Melienke Vermaak, Suzanne van der Linde, Marius Labuschagné en Wynand van Niekerk. Agter staan Henrique Huisamen (twee medaljes) en Hannalie Kriek (musiekonderwyser). Wynand het ’n prestigetoekenning vir die hoogste punte in die klassieke musiekafdeling vir laerskoolleerders behaal. Die Warmbad-musieksentrum is weer vanjaar onder die top 10 skole erken. At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading! Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here. November 15, 2019 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print