Home/Galleries/Community galleries/Geite en giere… Community galleriesGalleries Geite en giere… Wat gebeur in- en om die Waterberg? November 15, 2019 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Die eerste reën van die seisoen het effense verligting vir Waterbergers gebring, maar dit is steeds baie droog in Limpopo. Volgens die Waterberg Distrikslandbou-unie (WDLU) is daar die afgelope week 15-20 mm in die Bela-Bela-omgewing gemeet, 15 mm in Modimolle, 5-20 mm in die Mabula-omgewing, 20 mm in Loubad, 7-10 mm in Leeupoort en 8-10 mm in die Lehau-omgewing. Op die foto stap ’n vrou van Bela-Bela die afgelope week met ’n sambreel in die hand. Foto: Herman Steyn Syd Catton, ’n bekende in plaaslike veiligheidskringe en omgewingsake, het op Saterdag 26 Oktober tydens die Suid-Afrikaanse Teologiese Kollege vir Onafhanklike Kerke se 50ste bestaansjaarviering in Boksburg ’n doktorsgraad in Bybelse filosofie (Honoris Causa) ontvang. Biskop James Koneight het Catton vir sy bestuurskennis in die bediening geloof. Felicite Wright, Catton se vriendin, is saam met hom op die foto ná die plegtigheid. Die lede van Klub 60 in Modimolle het op Dinsdag 5 November tydens ’n gesellige uitstappie meer oor die taksidermiebedryf geleer, saam pizza geëet en lekker gekuier. Op die foto is Wikus Botha, Theo en Wendy van Graan, Sannie Keller, Leonie Lombard, Norman Keller en Hannes Viljoen tydens lede se taksidermie-uitstappie. Klub 60 hou op Woensdag 20 November ’n braai onder die sterre. Enigiemand bo 60 kan by die klub aansluit. Vir navrae en besprekings vir dié byeenkoms, bel vir Leonie Lombard by tel. 083 666 2754 of Wikus Botha by tel. 072 594 0010. At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading! Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here. November 15, 2019 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print