Lede van die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) in Bela-Bela het op Woensdag 13 November kos vir minderbevoorregtes voorberei. Die SAVF wil met dié projek Hoërskool Warmbad se bestaande voedselprojek uitbrei en ook weekliks kos aan minderbevoorregte volwassenes bied. Belangstellendes kan op Maandae, Woensdae en Vrydae die SAVF-saal besoek en hul bestellings afhaal. Bestellings word tussen 11:00 en 14:00 op dié dae geneem teen spotgoedkoop pryse en selfs, in uitsonderlike gevalle, gratis. Op die foto is die SAVF-lede Bokkie Nagel, Stephanie Henning, Violet Mphato, Susan de Klerk, Elsie Pretorius en Rika Kruger. Vir bestellings kan mense vir De Klerk bel by tel. 082 925 943 of vir Kruger by tel. 082 558 0995.
Die gedenkdiens van Thia Horak (73) van Bela-Bela, wat op Dinsdagoggend 12 November ná ’n lang siekbed oorlede is, vind op Maandag 25 November om 11:00 vanuit die NG-gemeente Warmbad Wes plaas. Die datum van die gedenk- diens val op dieselfde dag as haar huweliksherdenking. Sy laat haar man, Hennie, en hul twee kinders, Hennie Horak en Dorette van Dyk agter.
Die Modimolle-polisie versoek hierdie man om die stasie te besoek of om sers. Amanda Rossouw te bel by tel. 071 133 8524. Hy kan behulpsaam wees in ’n ondersoek.
Die Vroue van Waarde-liefdadigheidsorganisasie (WOW) het op Vrydag 15 November geskenkpakke aan 71 behoeftige leerders van Hoërskool- en Laerskool Warmbad oorhandig. Die bokse het onder meer skryfbehoeftes, toiletware en klere ingesluit en is moontlik gemaak danksy verskeie donateurs uit die gemeenskap. Op die foto is Franci van Heerden (organiseerder) Hennie Coetzee (hoof van Laerskool Warmbad) en Petro Bothma, organiseerder, by van die bokse.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.