Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Die Bela-Bela-hekelklub het die afgelope paar maande kliphard aan ’n pragtige kom-
bers, wat ten bate van liefdadigheid uitgelood is, gehekel. Die eerste loodjies is tydens die Paljas Kersmark op Sater-dag 2 November verkoop en die trekking het op Woensdag 4 Desember plaasgevind. Susan Vosloo was die gelukkige wenner van dié kleurvolle kombers wat uit 100 blokke bestaan. Die geld wat ingesamel is, is aan Die Pos-kinderfonds geskenk. Voor is Rina Habbig, Kato Hocking en Susan Vosloo (wenner). Agter is Miems Harper, Elize McGuire en Linda Jacobs.

 

Die nuwe bestuur van die VLU se Warmbad-tak is onlangs verkies. Voor is Annetjie Kruger (ondervoorsitter) en Rita McNear (sameroeper). Agter is Noleen Botes (tesourier), Annette Swart (skakelbeampte), Linda Jacobs (takvoorsitter) en Anet van Rooyen (sekretaresse).

 

Warmpatat: Tal­le in­wo­ners en selfs be­soe­kers aan Be­la-Be­la kla oor die stank langs die R101-pad net buite die dorp. Lui­dens ’n onlangse mu­ni­si­pa­le ver­slag kort dié riool­aan­leg dring­en­de op­gra­de­ring. Freddy Hlung­wa­ne, wyks­raads­lid, het by navraag aan Die pos ge­sê in­woners van Wyk 4 kla ook oor die reuk. Vol­gens hom is ’n kon­trak­teur aan­ge­stel om die aan­leg op te gra­deer. Die Pos het ver­de­re na­vrae aan die mu­ni­si­pa­li­teit ge­rig, maar teen druk­tyd geen te­rug­voer ont­vang nie. Op die fo­to is die stro­me stink wa­ter langs die R101-pad.

 

Die Modimolle-streekshof is nie net aangewys as die beste streekhof in die kring (wat Mokopane, Thabazimbi, Sekhukhune, Mawhelereng en ander dorpe insluit) nie, maar ook as die beste in Limpopo. Dié ranglys word saamgestel deur die nasionale vervolgingsgesag (NVG). Daar word gekyk na die hoeveelheid sake wat elke hof hanteer het, asook die skuldigbevindingsyfer. Op foto is die streekshofaanklaers William Makwela, Doria Groenewald en Gerhard Pienaar. Liezl del Frate was afwesig met die neem van die foto.

 

Johanna Molapo, Jolene Labuschagne, Engeline Gericke, Onicca Kekana en Chaté Engelbreg het sommer hul kantoor in die Bosveld Pick n Pay-sentrum die afgeope week vir ’n wyle verlaat om in die plasse water te gaan baljaar. Foto: Herman Steyn

 

Die Roo­de­kuil, Turf­bult en Lang­kuil-buurt­wag (RTL), wat by Af­riFo­rum ge­af­fi­li­eer is, het ver­le­de week hul eers­te vei­lig­heids­ka­me­ra langs die R101-pad na Ra­dium geïnstalleer. Dié pad is vroeër deur die po­li­sie uit­ge­son­der as een wat gereeld deur mis­da­di­gers ge­bruik word. Dié ka­me­ra sal ver­dag­te optredes en voertuie moniteer. Die ka­me­ra is deur RTL-le­de­gel­d befonds en die bestuur beoog om meer ka­me­ras in die om­ge­wing op te rig. Dié ­net­werk wat in 2017 deur die Ka­ri­ba-buurt­wag be­gin is en aan­sien­lik uit­ge­brei het, het die po­li­sie op ver­skei­e ge­leent­he­de ge­help om mis­daad hok te slaan.

 

Tiny, ’n driejarige boerboel- en weimaranerkruising in Modimolle, se eienaars is op soek na ’n goeie huis vir haar voordat hulle emigreer. Sy is ’n goeie waghond en goed met kinders en ander honde. Vir meer inligting skakel tel. 083 226 4266.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button