Die Pos en The Beat se koerantpersoneel het die jaar op Donderdag 12 Desember op ’n hoë noot afgesluit tydens hul jaarlikse Kersete. Op die foto is Bea Emslie, Keina Swart en Anneline du Preez. In die middel staan Lizzy Bapela, Johanna Motshayi, Petro Greeff, Johannah Makwela, Marietjie Steenkamp, Kotie Wagner, Maria Oberholzer, Willie Nel en Lesley Barnard. Agter staan Mzamane Ringane, TK Mashaba, Maria Makwela, Liné Louw, Ronél van Jaarsveld, Andries van der Heyde en Dion van Eck. Foto: Herman Steyn
Daar is nog ’n hele paar aktiewe Geloftefeeskomitees in die Waterberg-omgewing. Die nuutverkose Warmbad Geloftefeeskomitee is onlangs aangekondig. Voor is Johan Mills, Reint van de Pol (voorsitter) en Hennie Ludik. Agter staan Louwrens Kotzé, ds. Bernard Hattingh, ds. Theuns Kriek en Arnaud le Roux. Ds. Neels van Tonder was afwesig met die neem van die foto.
Die personeel van die Warmbad Rusoord het op Woensdag 11 Desember hul jaarlikse Kersete vir inwoners gehou. Die inwoners is met kos uit die boonste rakke, drinkgoed en lekker sjokolade bederf. Op die foto word die inwoners deur die personeel bedien.
Warmpatat: Die vullis op die hoek van Ludorf- en Groblerstraat in Bela-Bela word tot inwoners se afgryse weekliks meer. Een inwoner het aan Die Pos gesê sy het die afgelope vakansie privaat dienste betaal om dié hoek gereeld skoon te hou. Volgens haar het sy onder meer ’n dooie kat en ’n dooie hoender tussen dié klomp vullis gevind. Dié foto is op Dinsdag 7 Januarie geneem.
’n Baie spesiale Bullmastiff van Bela-Bela, Honey Dynasty Cosmo Maxwell, het in Desember tydens die Cape Bullmastiff-klubbyeenkoms as die nasionale hondekampioen weggestap. Maxwell se teler, Viola Grinbarte, is as die hondeteler van die jaar aangewys. Maxwell is geteel deur die hondetelers, Ikangwa, waarvan André Cordier, plaaslike sakeman, die stigterslid is. Maxwell het in Februarie 2019 aan skoue begin deelneem en was ses maande later ’n kampioen, waarna meer titels gevolg het. Maxwell is ook uitgenooi om aan vanjaar se Crufts-hondeskou in Engeland deel te neem.
Hierdie olyflyster, wat algemeen in die Waterberg voorkom, is ’n vindingryke ma. As die goggas te min is om haar kleintjies te voed, is daar altyd Wagter se hondepille wat ’n ryk bron van proteïne is. Herman Steyn, Die Pos se fotograaf, het dié foto in die woonbuurt van Bela-Bela geneem.
Lede van die Warmbad-fotografieklub is tydens die klub se jaarafsluiting met sertifikate van verdienste vir buitengewone prestasies beloon. Op die foto is Alma Hoon (fotograaf van die jaar), Jan Pelser (mees toegewyde fotograaf) en Kathleen Stevens (beste vordering).
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.