Home/Galleries/Oor die wenstreep… GalleriesSports galleries Oor die wenstreep… Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg. January 9, 2020 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Die atletiek- seisoen is op hande en Hoërskool Warmbad is slaggereed vir die jaar wat voorlê. Dié skool se atlete het weer oudergewoonte vanjaar ’n atletiekkamp saam met Hoër-skool Vorentoe van Johannesburg aangebied. Dié foto van die hekkiesatlete is vandeesweek op die laaste dag van die kamp geneem. Foto: Herman Steyn ’n Groep vriende van Modimolle wat saam in 2013 aan Hoërskool Nylstroom gematrikuleer het, het op Sondag 26 Desember weer vriendskapsbande hernu tydens ’n gholfdag by die Koro Creek-gholflandgoed buite Modimolle. Die groep is vergesel van Johan Jacobs (agter regs) en Jannie Venter (voor), twee rugbymanne van die dorp. Die groep beoog om die gholfdag ’n jaarlikse instelling te maak. Hierdie swemmers van Hoërskool Warmbad het die skool van 8-13 Desember by die Suid-Afrikaanse-skoleswemkampioenskap in Hillcrest, Pretoria, verteenwoordig. Drie van die swemmers het deurgedring na die finale ronde in hul onderskeie items. Op die foto is Christiaan Jooste, Ngozi Anyanwu, Bongani Tshabalala, Lara Daling (finaal), Daniel Verster (finaal) en Niel du Plessis (finaal). Zhaneardt Grahan, ’n leerder van die Waterbergskool vir CVO in Mo-dimolle, het van 8-13 Desember aan die Suid-Afrikaanse-skoleswemkam-pioenskap in Hillcrest, Pretoria, deelgeneem waar hy Limpopo verteenwoordig het. Hy het aan vyf individuele items en vier aflositems deelgeneem. Zhaneardt het twee vyfde, twee sesde en ’n derde plek behaal. At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading! Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here. January 9, 2020 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print