Die liefde het geblom toe twee inwoners van die Warmbad Rusoord se tehuis vir bejaardes in Bela-Bela op Saterdag 8 Augustus die knoop deurgehaak het. Die paartjie, Edith Penn (79) en Andy Joubert (69), is tydens ’n privaat seremonie deur ds. Kokkie Kok in die huwelik bevestig. Koek en nie-alkoholiese drankies is ná die tyd aan die gaste, wat almal inwoners van Rusoord is, bedien.
Inwoners van Wyk 1 in Bela-Bela pleit dat mense moet ophou om hul vullissakke op die stuk veld op die hoek van Huilboslaan en Kareestraat neer te sit. Dit lok haweloses wat die sakke oopskeur en daar saamdrom. Dié inwoner het ook verlede week tuinvullis daar afgelaai wat onwettig is en nie verwyder word nie. Inwoners word versoek om hul vullissakke voor hul eie erwe te plaas. Dieselfde gebeur volgens inwoners in Flamboyantstraat naby die Bergsig-ontwikkeling.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.